Olympus Mons

Olympus Mons
Die vulkaan Olympus Mons op die planeet Mars.
Die vulkaan Olympus Mons op die planeet Mars.
Soort Vulkaan
Ligging Mars
Hoogte 22 km
Ontdekking
Ontdekker Mariner 9
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Olympus Mons (Latyn vir Berg Olimpus) is ’n groot vulkaan op die planeet Mars. Volgens een meting is dit byna 22 km hoog.[1] Dit maak dit die hoogste berg op enige planeet in die sonnestelsel en, sedert die ontdekking in 2011 van Rheasilvia Mons op 4 Vesta, die tweede hoogste op enige bekende ruimteliggaam. Dit is sowat drie keer so hoog soos Berg Everest se hoogte bo seespieël.

Die vulkaan is in die Tharsis-streek geleë, 'n enorme vulkaniese plato by Mars se ewenaar, naby Valles Marineris. Dit is die jongste van die groot vulkane op Mars; dit het binne die laaste 3 miljard jaar ontstaan. Dit is sedert die laat 19de eeu aan sterrekundiges bekend as Nix Olympica (Latyn vir "Olimpiese Sneeu"). Daar is vermoed dat dit ’n berg is lank voor ruimtetuie dit bevestig het.[2]

Die vulkaan is in Mars se westelike halfrond geleë. Die IAU het aan twee impakkraters voorlopige name toegeken: die Karzok- (deursnee: 15,6 km) en die Pangboche-krater (deursnee: 10,4 km).[3] Die kraters is vermoedelik die bron van die meeste Mars-meteoriete wat al die Aarde getref het.[4]

  1. Plescia, J. B. (2004). Morphometric Properties of Martian Volcanoes. J. Geophys. Res., 109(E03003), doi:10.1029/2002JE002031.
  2. Patrick Moore, 1977, Guide to Mars, Londen (VK), Cutterworth Press, p.96
  3. "New names on Olympus Mons" (in Engels). USGS. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2014. Besoek op 11 Julie 2006.
  4. Frankel, C.S. (2005). Worlds on Fire: Volcanoes on the Earth, the Moon, Mars, Venus and Io; Cambridge University Press: Cambridge, VK, p. 160. ISBN 978-0-521-80393-9.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy